Kantoor

Ons dienste

Rampbestuur

LANDBOU EN GRONDSAKE

BEWARING, TOERISME EN MYNE

KOMMUNIKASIE- EN INLIGTINGSTEGNOLOGIE en BEMARKING

GEMEENSKAPSONTWIKKELING

MADIBENG EN TSHWANE DIENSTE

Welkom

'n Paar woorde oor ons

De Wildt Helpmekaar Maatskappy (DWHM) is ‘n gemeenskapsorganisisasie wat gefokus is op die De Wildt gemeenskap se welstand, funksionering, ontwikkeling en verbetering van die gemeenskap se algemene sosio-ekonomiese gesondheid. DWHM hanteer verskeie kort-, medium- en langtermyn projekte wat ten doel het om die gemeenskap te bemagtig, te ontwikkel, en te verteenwoordig op plaaslike, provinsiale en nasionale regeringsvlakke, asook ander rade en strukture.

Daar is ook ‘n groot toegewydheid om die landelike leefstyl te beskerm en te bevorder. Deur volgehoue kontak met die gemeenskap, het DWHM ‘n goeie geheelbeeld van die gemeenskap se behoeftes, hulpbronne en kapasiteit. Aangesien dit ‘n gemeenskaps gedrewe organisasie is met ‘n bestuur wat bestaan uit inwoners uit die area, funksioneer dit baie beter itv dienslewering as die meer lomp regerings departemente.

Afrikaans