Die is Ons
Dienste
Gebiedskaart & Dienste
RAMPBESTUUR | Skakeling met BBV- en GPF-strukture, Bewaring en Landbou, asook provinsiale en nasionale strukture rakende die inplanting van ramp- en veiligheidsplanne. Ontwikkel rampplanne, ramphulpplanne, rampkommunikasieplanne en skakel met die omliggende gebiede in hierdie aangeleentheid |
LANDBOU EN GRONDSAKE | Verteenwoordig die De Wildt Boere-gemeenskap op provinsiale en nasionale basis rakende alle tersaaklike grondsake. |
BEWARING, TOERISME EN MYNE
| Verantwoordelik vir die koördinering van die beskerming en bewaring van ons eie fauna en flora, teen uitheemse plantegroei, erosie en enige ander wanbestuur Onderhandelinge met myne ten bate van bewaring in die gebied Ontwikkel en rig toerismesake |
KOMMUNIKASIE- EN INLIGTINGSTEGNOLOGIE en BEMARKING
| Radiobeheer en die dop van radionetwerk, inligtingstegnologie, hardeware en stelsels tot voordeel van die gemeenskap Openbare betrekkinge met die pers en om die voordele en toegevoegde waarde van die gemeenskap te bemark Om die gebied te help ontwikkel tot ‘n groter marksegment, provinsiaal en nasionaal |
GEMEENSKAPSONTWIKKELING
| Organisering en implementering van sosiale programme en bouprogramme, koördinering en samewerking met: Senior burgers, jongmense, werkers, huise, skole, kerke en organisasies vir dienslewering in die omgewing Implementering van sosiale kwessies en funksies asook fondsinsameling Help met noodplanne en skakeling met onder meer Veiligheid, BBV, TLU, NRO’s, ens. Met die hoofdoel van gemeenskapsontwikkeling |
MADIBENG EN TSHWANE DIENSTE | Elektrisiteitsprobleme en kommunikasie met die verskillende munisipaliteite Ons hou die ontwikkelinge en prospekteringstoepassings in die omgewing dop, en verseker dat alle toepaslike wetgewing nagekom word Skakeling met elektrisiteit, telekommunikasie en posdienste, bv. instandhouding van teerpaaie, toegangspaaie Help lede wanneer nodig rakende kwessies wat verband hou. |
